Rabbedoe - Opvoedkundige Leer- en Speelskool - Home

ONS STORIE

Rabbedoe Kleuterskool was 'n ongelooflike groot droom en 'n kristalhelder visie wat by Jesus se voete neergele was. Toe die tyd reg is het God hierdie droom bewaarheid, en so is 'n voorskool gebore om 'n veilige tuiste te skep vir Sy Koningskinders.

 

By Rabbedoe word die kundigheid van 'n familie wat passievol is oor opvoeding en die liefde vir God saamgespan om 'n omgewing te skep waar kinders hulle uniekheid kan uitleef.

 

Ons skool se 2 hoofkleure naamlik: Blou en geel simboliseer die lewendige water en lig wat uit ons vloei.

 

Blou simboliseer lewende water.

 

"Die een wat in My glo, soos die skrif se:

Riviere lewende water sal uit sy binneste vloei."

~Joh 7:38.

Geel simboliseer lewende lig

 

"Ek is die lig vir die mensdom.

Wie My aanhou volg sal nooit in die duisternis leef nie, maar sal die lig hè wat lewe gee."

~Joh 8:12

 

Dit is vir ons 'n vreugde om in kinders se toekoms te bele, hulle te sien grootword met selfvertroue sodat hulle met gemak hulle lewensdoel kan voltooi.

WAT ONS BIED

* Top Afrikaanse onderrig deur Christelike beginsels

 

* Voldag versorging

 

* Oop gedurende skoolvakansies (Sluit in Desember / Januarie)

 

* Klein, intieme klas atmosfeer

 

* Moderne klaskamers

 

* Gebalanseerde maaltye

 

* Vingerafdrukstelsel by die hek vir sekuriteit

* Diens van ons kinderkinetikus is ingesluit

 

* Toegang tot verskeie ander terapeute

 

* Ekstra buitemuurse aktiwiteite

 

* Geleë naby top Afrikaanse Laerskole

 

* Gereelde opvoedkundige instappies

 

* Jaarlikse funksies soos Atletiekdag,

  Oupa- en Oumadag, Konsert en vele meer.

SPYSKAART

Gesonde eetgewoontes is nie net belangrik vir die optimale fiskieke en kognitiewe ontwikkeling van kleuters nie, maar dit beskerm hulle teen verskeie siektes.

 

Ons verskaf gebalanseerde etes wat ontbyt, middagete asook

twee verversings insluit.

 

Ons het ook 'n speenprogram wat ons met die baba's volg.

EKSTRA AKTIWITEITE

"Every child is a different kind of flower.

All together they make this world

a beautiful garden."

~ Unknown

KONTAK ONS

Nadine du Preez

Eienaar | Hoof

T: 011 764 2013

Sel: 082 292 2918

E-pos: info@rabbedoe.co.za

Adres: Felsparstraat 22, Wilro Park, Roodepoort, 1724

Copyright © 2018 blissfulbokeh.za. All rights reserved. Website designed by Melissa Jacobs.

Submitting Form...

The server encountered an error.

Form received.

"Die pad na sukses

is altyd onder konstruksie."

~Albert Einstein